Pêrels vir 'n vriendin - (klein juweeltjie-reeks) - Vergunning: Christian Art ~ Vereeniging
>>>>>>>>>>>>>>o0o<<<<<<<<<<<<<<<
Elke mens moet tog iemand hé vir wie hy liewer is as vir homself.
- F.Timmermans -
Geen afstand of tydsduur kan die vriendskap skaad van dié mense wat mekaar se waarde besef nie.
- Robert Southey -
Die foute van ons vriende mag vir ons duidelik wees, maar dit is beter om ons oè daaroor te sluit.
- Marie Louise de la Rameé -
Jou vriend deel jou sorge, verheug hom oor jou sukses, dra jou twyfel saam met jou, en al is hy vér, bly sy siel tog naby.
- A van Rievaulx -
Jou vriend is dié persoon wat jou deur en deur ken, en nog altyd van jou hou!
- Elbert Hubbard -
Jy kan nie lewe sonder iemand wat van jou hou, wat jou die moeite werd vind, wat aan jou 'n plek in sy gevoelslewe gee, iemand wat besorg oor jou is, en by wie jy altyd welkom is nie.
-Phil Bosmans -
Jy ontmoet baie mense in jou lewe, maar daar is sekere mense wat jou lewe binnegroei, wat familie van jou word. Sonder sulke mense word die lewe dof en ondraaglik.
-Phil Bosmans -
Die grootste geskenk wat jy jou vriend kan gee, is 'n stukkie van jouself.
- Emmerson -
'n Ware vriend praat sy vriend egter nie na die mond nie, maar kan ook kritiseer - selfs veroordeel, as dit moet. Hy doen dit omdat hy weet dat dit van hom - as vriend - verwag word, en sonder om te vrees dat hy verkeerd verstaan kan word.
- Johan Heyns -
'n Wyse mens is dankbaar oor die vriend wat tot die einde van pad by hom bly.
- Vader Deschacht -
'n Vriend in hoê plekke is 'n verlore vriend.
- Henry Adams -
03/06