_ _ _ _ ~ Verlange ~ _ _ _ _
~ D.J Opperman ~
_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _
Hoe làngsaam is die aande sonder jou as alles in die stiltes doelloos lyk. En ek uiteindlik 'n boek oopvou, maar ure na dieselfde woorde kyk.
Totdat ek weet wanneer ek so alleen verskeie beelde uit myself opwek, voer ek siel en siel bo alle skeiding heen tog soms 'n woordelose tweegesprek.
Van al my vriende in die stad verskuil, en hul samekomste luid en leeg, word ek 'n eensaam - afgeslote kuil wat net in dieptes van myself beweeg.
Want jou afwesigheid is meer vir my as al die vreugdes wat ek elders kry.
04/06