--¤-- Woorde Van Wysheid --¤-- .'*'. .'*'. .'*'. .'*'. .'*'. .'*'.
*.___.*._.*=[>o<]=*._.*.___.*
~¤~
~{ Geskep: 2007/04/03 }~
~¤~
*._.*.___.*._.*=[>o<]=*._.*.___.*._.*
~¤~
Hier is Afrikaanse wyse woorde.
~¤~
Skryf gerus joune ook hier!
~¤~
~ Geniet dit ~
~¤~
*._.*.___.*._.*=[>o<]=*._.*.___.*._.* 33 Comments: Jou waarde as mens lê nie in jou suksesse of mislukkings nie, maar in WIE jy is... en hieroor het elke persoon ñ keuse. Leer om jou lewe elke dag bewustelik te geniet. Daar is soveel mooi & lekker dinge om jou dat dit regtig nie te veel gevra is nie. Leef POSITIEF... die meeste mense is negatief genoeg wat die toekoms betref. Gelukkig weet jy dat God jou toekoms in Sy hand hou en dat Hy ook daar vir jou sal voorsien. Geniet die padtekens wat saakmaak en loop die pad met ñ lied in die hart, dan arriveer ons by die Plek wat vir ons gereserveer is omdat ons genadiglik die regte pad gekies het. Wanneer krississe mens se geloof deurmekaar waai, sal God se genadige bystand saggies soos rose op ons rèén. STILTE is ñ noodsaaklike luuksheid. In die afwesigheid van geraas kan mens die aanwesigheid van God voel en goed geestelik asem skep. Ons menswees word stukkie vir stukkie gevorm deur die ondervinding op ons pad. Ons kan nie altyd die geleenthede kies nie, maar ons kan kies of ons die pad saam met of sonder die Here wil loop. Kennis begin met die dien van die Here. GELOOF is om die onsigbare te sien, seker te wees van die dinge wat jy hoop, en om te weet dat die onmoontlike by God moontlik is. VERTROUE is die sterkste basis vir ñ goeie verhouding. Dit help jou om ten alle tye betroubaar te wees, ander se swakhede te verdra, goeie dinge te waardeer en vergifnis te gee... en dìt is die grootste prestasie. Dis LIEFDE, maar dit het ook grense. Liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie. Liefde ken ook geen einde nie. Die stadiums van ñ mens se lewe is soos ñ rivier... Hoe breèr dit word, hoe groter is die uitdagings. Die STER wat die mooiste skyn is die een wat sy medemens liefhet. Jy is uniek en besonders: nêrens in die wye wêreld is daar nog iemand presies soos jy nie. Niemand anders kan sê of doen wat jy kan nie! Lewe elke dag voluit en gryp elke geleentheid aan wat na jou kant toe kom. Lewe elke dag asof jy nog net vandag oorhet. Skinderstories mag opwindend wees, maar hulle het nog nooit enige iets goeds tot gevolg gehad nie. Een onbesonne woord van jou kant af kan iemand anders se reputasie blywend beskadig. Kinders van God hoef nie selfbeeldprobleme te hê nie; jy is God se handewerk. Jy mag maar goed voel oor jouself. Die Bybel sê mos ons moet ons naaste liefhê soos onsself. Moenie die dinge wat jy nog altyd graag wou doen tot more uitstel nie; more het sy eie dinge of kan dalk nooit aanbreek nie. Aanvaar jou eienskappe wat jy nie kan verander nie, maar verander diè dinge wat jy kan. As jy nie van jouself hou nie, gaan niemand anders nie! As jy kan leer om sekere dinge in jou lewe te doen - en ander niè te doen nie - sal jy daarin slaag om jou stresvlak laag en jou produktiwiteitsvlak hoog te hou. Elke vrou kan nie beeldskoon wees nie, maar elke vrou kan goed versorg, vrolik en vriendelik wees. Werklike mooi vroue is ook mooi van binne en diè soort vrou word net mooier soos die jare aanstap. Leer om ñ wag voor jou mond te sit. Dink voor jy praat. Onnadenkende uitsprake kan ander mense seermaak en onberekenbare skade veroorsaak. Probeer om die twee woorde "altyd" en "nooit" heeltemal weg te laat uit jou gesprekke. As jy eers iets gesê het kan niks daardie woorde herroep nie. ñ Mens luister die beste deur jou eie mond dig toe te hou. Luister sò dat jy sal onthou wat die ander persoon sê. Goeie kommunikasie kan aangeleer word. Doen dus moeite om die vaardigheid te ontwikkel. Die belangrikste deel van kommunikasie is nie om jou eie gedagtes te verwoord nie, maar om werklik te luister na wat die ander persoon vir jou sê. Leer om minder krities teenoor ander mense - en meer krities teenoor jouself - te wees. Mense van formaat is deur die bank nederig. Vriendelikheid kos niks en vermag baie. Wees bereid om toe te gee, maar nie wanneer dit beginselsake aangaan nie. Pas op om nie op ander mense neer te sien wat minder geleenthede as jy self gehad het nie. Leer om ander mense se standpunt in te sien, al verskil dit van jou eie. Moenie dinge oorvertel wat ander jou vertroulik meegedeel het nie. Om iets vir ander mense te beteken gaan opoffering van jou vra. Wanneer jy by ander mense betrokke raak, loop jy altyd die risiko om self seer te kry. Ontwikkel ñ oog en oor vir mense se probleme en doen iets daadwerkliks daaraan.
|
|