U was so goed vir my deur die jare heen. . .
Ook wanneer ek moes ly, was daar seen. . . .
So dikwels het ek stil betrag die spore van my gang, en soms het ek met ontsag die weg betree, so bang. . . . . .
Maar altyd was U byderhand, ek was tog nooit alleen. . . . .
Dan bring ek my dank vir al U hulp verleen, en kan ek nou, soos altyd weer, om Vaderhande vra, om my ook oor hierdie laaste bult, die laaste skof te dra.
En met aanskoue van die dood sal ek met ope hart bely. . . . .
O, Heer, O Vader, Vriend in nood, U was so goed vir my!
~*~