peperonity Mobile Community
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
New to peperonity.com?
Your username allows you to login later. Please choose a name with 3-20 alphabetic characters or digits (no special characters). 
Please enter your own and correct e-mail address and be sure to spell it correctly. The e-mail adress will not be shown to any other user. 
This password protects your account. To avoid typos it must be entered twice. Please enter 5-20 alphabetic characters or digits (no special characters). Choose a password that is not easy to guess! Never disclose your password to anyone. 
This password protects your account. To avoid typos it must be entered twice. Please enter 5-20 alphabetic characters or digits (no special characters). Choose a password that is not easy to guess! Never disclose your password to anyone. 
Stay logged in
Enter your username and password to log in. Forgot login details?

Username 
CAUTION: Do not disclose your password to anybody! Only enter it at the official login of peperonity.com. We will never ask for your password in a message! 
Login
Stay logged in

Share photos, videos & audio files
Create your own WAP site for free
Get a blog
Invite your friends and meet people from all over the world
All this from your mobile phone!
For free!
Get started!

You can easily invite all your friends to peperonity.com. When you log in or register with us, you can tell your friends about exciting content on peperonity.com! The messaging costs are on us.
Meet our team member Sandy and learn how to create your own mobile site!

*Nicholis Louw* - princessmusic



*Nicholis Louw*
*Nicholis Louw* - photo
Ek Wil My Baby Hê Vanaand

Ek het na jou verlang, jy het my hart gevang
Ek het van jou gedroom gistraand
Ek gaan jou styf vashou want ek hou van jou
Ek wil my baby hê vanaand
Jy het my hart gestop, jy is die mooiste pop
Ek het van jou gedroom gistraand
En toe ek wakker word, het ek geweet wat kort
Ek wil my baby hê vanaand
Weet jy ek kom huistoe
Voor die son gaan lê vanaand
Weet jy ek kom huistoe
Ek wil my baby hê vanaand
Ek het my hart verloor, ek fluister in jou oor
Ek het van jou gedroom gistraand
En as die trane rol, loop al die damme vol
Ek wil my baby hê vanaand
Daar is ‘n wind wat waai, ek het ‘n haan hoor kraai
Ek het van jou gedroom gistraand
En as ek jou gaan kry, gaan ons lekker vry
Ek wil my baby hê vanaand
(Waltz) As ons ‘n walsie vang, streel jy aan my wang
Ek het van jou gedroom gistraand
Ek verloor my kop, ek is by my pop
Ek wil my baby hê vanaand
Ek het na jou verlang, jy het my hart gevang
Ek het van jou gedroom gisteraand
Ek het my hart verloor, ek fluister in jou oor
Ek wil my baby hê vanaand
~~~~~~~~***~~~~~~~~
My Hart Is Aan Die Brand

Daar kom ‘n tyd in elke man se lewe
Wat jy wil weet net waar die liefde lê
Dan kom daar ‘n girl en sy draai jou drome om
En as jy jou weer kan kry dan is dit alles verby
Ek kan my geluk nie glo ek was onder nou’s ek bo
Daar’s ‘n meisie wat my hart wil hê
Sit my af en sit my aan, ek wil bly en ek wil gaan
Daar’s ‘n meisie wat my hart wil hê
Gooi my uit dan kom ek in, dis die einde die begin
Daar’s ‘n meisie wat my hart wil hê
My hart is aan die brand, my hart is aan die brand
My hart is aan die brand oor jou
Daar is ‘n plan en daar is ‘n rede
Maak net die beste van wat jy kry
Daar is nie ‘n tyd nie die beste kom vanself
Ja die liefde is blind jy sal dit eendag sien
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Bly By My

Ons is hier voor jou huisie, die straatlig brand
Jy’s so mooi my gedagtes verdwaal
Wonder hoe sal ek weet of ek jou kan vra
Kan ek vra Kom bly by my
Jy lê vorentoe – ek dog jy wil my soen
Maar jou asem streel sag teen my oor
En ek voel hoe ek koud word my bloed wat stol
Toe jy vra Kom bly by my
Dis in jou oë, dis my gedagtes
Kom bly by my
Dis in jou drome, dis in my woorde
Kom bly by my
Dink wat ek en jy saam kan doen
Bly by my
In die donker was jou oë die lig vir my
Jy’t ‘n straal by die sonlig gesteel
Ek wil nooit weer ‘n dag sonder jou begin
Sal ek vra Kom bly by my
Ek lê vorentoe – jy dog ek wil jou soen
Maar my asem streel sag oor jou oor
En ek fluister my liefling gee my jou hand
En ek sê Kom bly by my
Ek weet presies waarheen ons twee gaan,
Ek voel so sterk as jy langs my staan
Dis reg
En ek voel die wêreld om ons draai
Klaar gewonder klaar geraai
Kom Bly by my
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Ek Onthou

Wat is dit, as ek net terug dink aan jou
Dinge wat in jou gedagtes dwaal
Hoe weet jy, waar ek was
Was jy daar, soek jy my
Ek mis jou maar ek laat jou vry
Baby, luister net vir ‘n oomblik
Na jouself, en die dinge wat jy sê
Niks maak sin nie, maar dit maak my seer
As jy wou, kon ons alles gekeer het
Want ek onthou, daardie nag
Toe ek my hart vir jou wys
En ek onthou, daardie dag
Toe ons paaie kruis
Die dinge wat jy gesê het, die kyk wat jy my gegee het
Alles is verby, maar ek onthou
Liefde is nie altyd genoeg nie
Weet jy, jy’t dit aan my bewys
Nou’s ons uit, jy is ver van my
Niks is reg, want jy is weg
As ek jou net weer kon soen
Toe ek ‘n kind was het ek gedroom van meisies soos jy
En die kind in my, hou nog aan
Nou’s ons uit, jy’s weg van my
Niks is reg, jy is weg
Kan ek jou nog net een keer soen
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Ek Klop Aan Jou Hart

O ek verlang na jou, want jy is ver van my
Jy is ver van my, ek klop aan jou hart
Ja ek droom van jou, maar jy is ver van my
Jy is ver van my, ek klop aan jou hart
Die winde waai vanaand hier deur my hart
Die stilte raas my wakker, as ek gaan slaap
My koffie is koud en bitter, beskuit is hard
Ek staan voor jou deur en ek klop-klop aan jou hart
Ek wens ek kan vanaand net aan jou vat
Maar ek voel alweer die winter in my hart
Die myle en die draaie is in my pad
Maar ek staan voor jou deur en ek klop-klop aan jou hart
Want saans as ek hier lê, wil ek jou langs my hê
En sonder om te droom, wil ek sê
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Ek’s Nog Hier

Waar ek is kry ons nie koud nie, al is dit winter hier by jou
En dinge wat op aarde vergaan het, is dinge wat vir altyd hou
Hoe dit gebeur het maak nie saak nie, dis verby en als is reg
En tussen ons is als vergewe, want die sondaar is nou weg
En my hart behoort vir altyd nou aan jou
Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat
Babe jy huil want jy verstaan nie, jy dink alles is verby
Maar ek's nie in 'n kis in die grond nie, en Liewe Jesus sorg vir my
Hoe dit gebeur het maak nie saak nie, ek's jou engel ek kyk na jou
Hier waar ek is is geen trane nie, net die trane wat ek huil oor jou
Sien my hart behoort nog altyd net aan jou
Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat
Jy verstaan nie hoe dit voel nie,
Om hier voor jou te kan staan
Maar ek mag nie met jou praat nie
Want ek praat nou 'n ander taal........Probeer verstaan
Want my hart behoort nog altyd net aan jou
ou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Sê Net As Jy Dit Wil Doen

Sê nou ek vat jou hand
Is jy nog aan my kant
Sê net as jy dit wil doen
Wat van ek vat jou uit
Maak net die Ja-geluid
Sê net as jy dit wil doen
Kliek ek en jy vanaand
Jy’s dalk my lewensmaat
Sê net as jy dit wil doen
Vat jy ‘n kans vanaand
Werk dit dalk nes gisteraand
Sê net as jy dit wil doen
Sê my as dit jy is
Sê my of jy lus is
Sê my as jy die een is
Sê net of jy
Sê net as jy dit wil doen
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Net Hier

Jy’s net hier in my hart
As ek jou soek is jy alewig daar
En jy ken die pad
En ek wonder waar kry ek jou vandaan
As ek aan jou dink, is dit verby met my
Want dit bly by my, ek het jou gekry
Jy’s nog altyd die mooiste meisie vir my
Dis net ek en jy
Almal is jaloers, ek voel vere
Want die son gaan skyn, al reën dit
Ek is mal oor jou, maar jy weet dit
Dis net ek en jy
As jy in my oë kyk voel dit of jy wil sê
Almal om ons soek wat ons klaar het
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Kom Lê Vanaand Hie’ Langs My

Groot bruin oë, wat my dood wil kyk
Met ‘n gladde nat vel, my gedagtes wyk
Want my kop trek skeef as ek na haar staar
Ek weet sy dink ek’s gemaak vir haar
My hande sweet, hoe sal ek vaar
As ek my kans nou vat en ek sê vir haar
Kom lê vanaand hie’ langs my, ek wil jou by my hê
Ek sal nie stokkies draai nie, ek sê wat ek wil sê
Kom lê vanaand hie’ langs my, my bene raak skoon lam
Jou kyk verklap dit alles, en jy werk met ‘n plan
Sy’t my mooi sien kom, en sy weet ek werk
Sy vat al my geld, maar sy’s elke sent werd
Sien sy’s hopeloos te mooi vir ‘n ou soos ek
Daai sag rooi lippe soen my op die bek
Ek dog ek staan toe’t ek klaar geval
En ek smile so breed want sy’t gesê sy sal
My gedagtes dwaal na my meisie se oë
Hoe ry die boere sit sit so
Ek sing vir haar ‘n liedjie maar sy sê ek sing sleg
En toe sy my weer soek, toe is ek weg
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Think About You

I close my eyes and see you standing there alone in the dark
Your hair is flowing gently in the wind
I know that you keep missing me as much as I miss you
When we are apart, just apart
Your smile is what I need
Your touch is what I feel
Your love, the only thing that's true
I think about you
There was a time when we walked hand in hand together as one
We shared forbidden fortunes of our dreams
We walked through seasons in the sun that warmed us tenderly
Forever in love, you and me
It's a cold and lonely winter of despair, and as for the tears
Just slowly running down your face like rain
The winds of change blow through your hair and made me feel so
sad
That we almost lost all we had
Tomorrow is not just another day, 'cause I will be back
Back in your arms, back in your life again
And I will give up everything to feel your tenderness
Together with you, home at last
~~~~~~~~***~~~~~~~~
If You’re Not The One

If you’re not the one then why does my soul feel glad today
If you’re not the one then why does my hand fit yours this way
If you are not mine then why does your heart return my call
If you are not mine would I have the strength to stand at all
I never know what the future brings, but I know you’re here with me now
We’ll make it through and I hope you are the one I share my life with
I don’t wanna run away but I can’t take it I don’t understand
If I’m not made for you then why does my heart tell me that I am
Is there any way that I could stay in your arms
If I don’t need you then why am I crying on my bed
If I don’t need you then why does your name resound in my head
If you’re not for me then why does this distance maim my life
If you’re not for me then why do I dream of you as my wife
I don’t know why you’re so far away, but I know that this much is true
We’ll make it through and I hope you are the one I share my life with
And I wish that you could be the one I die with
And I’m praying you’re the one I build my home with
I hope I love you all my life
‘Cause I miss you, body and soul so strong that it takes my breath away
And I breathe you into my heart and pray for the strength to stand today
‘Cause I love you whether it’s wrong or right and though I can’t be with
You tonight
You know my heart is by your side
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Kom Na My

Ek het gedink daaraan om die maan vir jou te bring en deur die see te swem, my liefling net vir jou
Maar sou jy ook heeltyd aan my kon dink en wonder of ek weer een nag sal kom
En wat sou jy tog met die maan kon maak
Ja wat sou jy tog met die maan kon maak
Die nagte sou my opvreet sonder jou in my gedagtes
My hart sou nie die angs en droef kon staan
Jou wese is vir my net soos die eerste wintersblom in Mei
So bloei my hart terwyl ek vir jou wag
Ja ek bloei vir jou maar ek sal vir jou wag
Die somersnag is in my siel vanaand
Die winters in my hart is nou verby
Die lentebloeisels blom vir my soos jy, en jy is naby my
Jy’s hier, jy’s naby my
Vanaand is spesiaal net omdat jy hier langs my sit en luister en ons kan net gesels
Ek kan nie glo dis ek, die een by wie jy vanaand wil wees
Hoe sou ek die gevoel aan jou beskryf
Ja hoe sou ek die gevoel aan jou beskryf
Kom na my, kom na my
Kom na my, Jy’s naby my
Kom na my…
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Praat Met My

Jou liefde is so kosbaar, sal dit ooit vergaan
Alles het verander, toe jy voor my kom staan
En hoe ek net geweet het, dat ek en jy kan hou
Maar nou moet jy onthou
Ja ek het my foute, maar jy moet net verstaan
Met jou is alles anders, die wêreld kan vergaan
As jy my roep is ek daar, ons loop die pad mos saam
Al wat ek vra, is praat met my
Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, ek weet nie hoe jy voel nie
Sê vir my sê my waar jy staan
Jy kry nie soms die kaarte, wat jy so graag wil hê
En jou trane kom dan later, wat gaan jou hart dan sê
En blindelings probeer jy dan om jou hartseer weg te steek
Jou hart wil breek, praat met my
Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, ek weet nie hoe jy voel nie
Sê vir my, sê my waar jy staan
Waarvoor is ek daar as jy nie in my kan vertrou
Weet jy hoe verkeerd dit is vir die liefde wat ons bou
Is jy in of is jy uit, besluit dit nou, besluit dit nou
Besluit dit nou
~~~~~~~~***~~~~~~~~
ROCK DAAI LYFIE

Wys my, wie bly, in jou hart
Vra my, raak my, gee jou hand
Sê my, voel jy, hoe dit brand
Wil jy, by my, wees vanaand

Rock daai lyfie vertel my jy wil my girl bly
Jy draai my om jou vinger en jy
Rock daai lyfie vertel my jy wil nog saam ry
Of speel jy net met my
Bel my baby vertel my dit is okay met jou
Rock daai lyfie my baby omdat jy wil

Rock daai lyfie (sê my jy wil)
Rock daai lyfie

Vat my, dra my, in jou tas
Druk my, hou my, teen jou vas
Dink jy, dis nog, hoe dit was
Los my, klere, in jou kas
~~~~~~~~***~~~~~~~~
DIS NET EK EN JY

Soek jy ‘n man net ‘n man met ‘n plan vir sy lewe
Soek jy ‘n ou wat jou veilig kan hou in die nag
En soek jy ‘n man net ‘n man wat kan lag as jy laf is
As dit is wie jy soek dan het ek nuus vir jou
Dis net ek en jy vir ewig
Dis net ek en jy en klaar
Kom en bly bly bly in my lewe
Kom saam ek vat jou daar
Dis net ek en jy vir ewig
Dis net ek en jy en klaar
Kom en bly bly bly in my lewe
Kom saam ek vat jou daar
Nou ek soek ‘n girl net ‘n girl wat kan speel as ek stout is
En ek soek die een wat my wakker kan hou in die nag
En ek soek ‘n meisie wat ek kan bederf as ek lus is
As dit is wie jy is dan het ek nuus vir jou
Na na na… en klaar
Na na na… kom saam ek vat jou daar
~~~~~~~~***~~~~~~~~
JY JY JY

Dink jy dis dom dat ek oorlog kan voer in my drome
Dink jy dis snaaks as ek soms van my bed afval
En dink jy dis fine as ek gly en ek val in my shower
Hier is die ding dis alles net oor jou
Dis net jy jy jy wat my kop so kan laat raas
Dis net jy jy jy en jy weet dit
En dis jy jy jy wat my weer ‘n keer laat kyk
Dis net jy en jy laaik my kwaai
En ek is mal oor jou
Hoe kan dit wees dat ek alles kan hê wat ek wil hê
Jy is ‘n ware prinses en jy dink ek’s ‘n prins
Is dit verkeerd om te wonder hoe jy as ‘n kind was
Of wonder wat jy sou sê as ek jou vra om te trou
Ek het die wêreld verstoot vir jou
Niks kon my keer nie ek bly by jou
~~~~~~~~***~~~~~~~~
MAMMA

Mamma dankie vir wie ek is
Dankie vir wat ek nooit sal wees
Daar's baie wat ek graag wou sê
As ek vergeet
Vergewe my

Mamma jy was nog altyd daar
Jy't my geleer jy't my bewaar
As ek my lewe oor kan kry
Wens ek Ma
's daar by my daar by my

En ek weet jy't gedroom
En ek weet jy't geglo
En ek’s jammer ek was nie altyd onder jou oë
Maar ek is waar ek is want Ma't my gely
Ek mis jou ek mis jou

Mamma miskien was ek verkeerd
Jou trane sal ek nooit vergeet
Vandag wil ek net jammer sê
Ek's lief vir jou
Vergewe my vergewe my

Mamma ek hoop jy's trots op my
Ek hoop vandag maak ek jou bly
As ek my lewe oor kan kry
Wens ek Ma
's daar by my
Want ek weet jy't geglo saam my gedroom
Hierdie lied is net vir jou Mamma
~~~~~~~~***~~~~~~~~
SIT DIE LIG AAN

Wil jy gaan wegkruip in die donker
Dit is nag en niemand sal ons vang
Gesteelde vrugte is mos lekker
Waar kom jy vandaan

In die donker sien jy niks nie
Kruip jy weg of staan ek reg voor jou
Wil jy speel of is jy bang
Die donker gaan ons vang

Sit die lig aan – ek voel jy maak my knieë lam
Sit die lig aan – kom soen my oppie wang
Sit die lig aan – want gogga maak vir baba bang
Ek gaan jou vang - sommer want ek kan

Sit die lig aan – ek voel jy maak my knieë lam
Sit die lig aan – kom soen my oppie wang
Sit die lig aan – want gogga maak vir baba bang
Ek gaan jou vang - sommer want ek kan

Jy steel my hart hier in die donker
Sit die lig aan en kom steel hom weer
As jy net vra sal ek jou gee
Wat jou hart begeer

As ek in jou oë kyk dan
Raak my hele lewe deurmekaar
In die donker voel ek beter
Hoop ek kry jou daar

Sal jy sal jy by my bly
Jy hoort hier aan my sy
Sien jy ons liefde gloei
Jy’s my lig in die donker
~~~~~~~~***~~~~~~~~
SÊ MY (DOEN DIT VIR MY)

Ek weet jou Pa het nee gesê
En jou Ma wil my nie by jou hê
Ek weet ek was verkeerd is jou hart gebreek
Hoe sal ek weet of jy my weer wil hê
Ek sal die sterre in jou hande lê
As jy saggies in my oor kom sê
Niemand in die wêreld sal ons ooit kan keer
Dan sal ek weet dat jy my weer wil hê
Sê my as jy my hand wil vashou
Sê my dis weer okay
Sê my jy wil my saamvat huistoe
Knip jou oog en doen dit vir my
Miskien is ek te rof vir jou
Miskien soek jy ‘n sagter ou
Niemand in die wêreld sal my ooit kan keer
As ek wil weet of jy my weer wil hê
~~~~~~~~***~~~~~~~~
BABY JY’S MYNE

Na al die eensaam jare
Het ek jou gekry
Met jou donker oë
Kyk jy dwarsdeur my
Maar dis met jou lyfie
Wat jy my planne verraai
En dis jou glimlag
Waarmee jy my om jou pinkie draai
Die wêreld hou op draai as ons twee saam is
Met jou hier teenaan my sien ek kans vir alles
Al die manne sit en wonder
Al die manne praat van jou
Jy’s die antwoord op my drome
En ek sing my song vir jou
Al die manne wil jou vashou
Hulle almal wil jou hê
Jy is elkeen se begeerte
Maar jy kyk vir my en sê
Baby jy’s myne
Ons manne bly net mense
Dis hoekom ek verstaan
Jy maak dit duidelik
Met wie jy huistoe gaan
Laat die manne maar omval
Laat die manne maar kyk
Nee ek gee nie om nie
Want ek weet jy’s saam met my
Die wêreld hou op draai as ons twee saam is
Met jou hier teenaan my sien ek kans vir alles
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Visits: 3925


This page:





Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top