STAAN OP
Staan Op – Staan Op
As jy by my wil staan
Staan op ek wil ons foto raam
Ken jy die pad na Hermanus toe
Dis daar waar die groot visse lê
Dan vat jy die afdraai na Gansbaai
Dis daar waar ek my huis wil hê
Maar my hart lê nog altyd in Bloemfontein
Dis daar waar die mooi rose woon
En ken jy die klein dorpie Lekkerkry
Staan op kom saam en dans met my
Staan op – Staan op – Staan op en dans met my
Staan op – Staan op – As jy wil Lekkerkry
Staan op – Staan op – As jy by my wil staan
Staan op ek wil ons foto raam
Staan op – Staan op – As jy by my wil staan
Staan op ek wil ons foto raam
Ken jy die strande van Lambertsbaai
Dis daar waar jy groot krewe kry
Dan vat jy die pad Jakarandastad
Dis daar waarheen my hart my lei
En somtyds verlang ek na Margate toe
Dis daar waar die son altyd skyn
Maar kom maak ‘n draai hier by Lekkerkry
Staan op kom saam en dans met my
Ek sien jou
Jy kan maar hardloop
Maar ek sien jou
Ja ek sien jou
Jy kan maar hardloop
Maar ek sien jou
Staan op – Staan op – Staan op en dans met my
Staan op – Staan op – As jy wil Lekkerkry
Staan op – Staan op – As jy by my wil staan
Staan op ek wil jou hê
Staan op ek gaan jou kry
Staan op ek wil ons foto raam
~~~~~~~~***~~~~~~~~
WIL JY
Hoor jy my roep in jou drome
Hoor jy ek fluister jou naam
En sien jy hoe raak ek verlore
Sien jy hoe maak jy my skaam
Duisende drome my hart is gereed
Duisende vrae ek wil weet
Wil jy in my hart kom lê
Wil jy sommer alles hê
Wil jy net ‘n bietjie-bietjie liefde hê
Sê my…
Wil jy in my hart kom bly
Wil jy op my drome ry
Wil jy net ‘n bietjie-bietjie liefde hê
Voel jy my hart klop regdeur jou
Voel jy hoe maak jy my mal
Duisende drome my hart is gereed
Duisende vrae ek wil weet
~~~~~~~~***~~~~~~~~
SÊ NET JA!
Sit daar in ‘n hoekie, dalk is sy die een
Knip vir my haar ogie, wys vir my haar been
‘n Man is nie ‘n klip nie, weet mos wat ek meen
O bokka ek wil huistoe gaan
Sê net ja, aha aha kom dans met my
Sê my nou eers wat’s jou naam
Sê net ja, aha aha kom dans met my
O bokka ek wil huistoe gaan
Ek stap ‘n bietjie nader, kyk haar in die oë
Die donker maak my brawer, niks om te verloor
O my liewe aarde, jy’t my hart bekoor
O bokka ek wil huistoe gaan
Ek vat toe nou my kanse, gee vir haar ‘n roos
Sy draai my soos ‘n danser, haar passies laat my bloos
Sy sê haar naam is Adri, haar man se naam is Koos
O pappa ek wil huis toe gaan
Sê net ja, aha aha kom dans met my
Maar wat is jou sussie se naam
Sê net ja, aha aha kom dans met my
O bokka ek wil huistoe gaan
~~~~~~~~***~~~~~~~~
HEMEL OP TAFELBERG
Die eerste soen kan ek onthou
Laurika op die radio
Ek lewe ‘n lied - jy’s my nommer een
Jy’s lief vir my en ek vir jou
Saam het ons ‘n huis gebou
‘n Klein begin, maar dis genoeg vir nou
En dis hemel op Tafelberg
Daar’s ‘n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
En daar’s goud nou op die koringlande
Daar’s ‘n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm ja dit reën in die Klein Karoo
In Liefde het ons saam geleer
Opgestaan en weer probeer
Druk my vas en soen my nog ‘n keer
As trane oor my wange rol
Voel ek jou hart hie’ binne my
Vanaand sien ek my kinders in jou oë
Jy’s my hemel
Jy’s my engel
Jy’s hier by my, by my
~~~~~~~~***~~~~~~~~
LOSLAPPIE
O ek wil huistoe gaan na mamma toe
Die rivier is vol my trane rol
‘n Bokkie wat vanaand by my wil lê
Sy kan maar Iê, ek is ‘n loslappie
Ek wens ek het vlerke soos ‘n engeltjie
Dan vlieg ek deur die tronk se tralies heen
Dan vlieg ek na die arms van my moeder
En daar sal ek bly tot die dood
Ek wens ek het vlerke soos ‘n arend
Dan vlieg ek maar verewig oor die see
Dan vlieg ek na die arms van my moeder
En daar sal ek bly tot die dood
O ek wil huistoe gaan na mamma toe
Die rivier is vol my trane rol
‘n Bokkie wat vanaand by my wil lê
Sy kan maar Iê, ek is ‘n loslappie
~~~~~~~~***~~~~~~~~
MY I.O. MEISIE
Daar’s ‘n lied in my hart en ek sing van jou
Daar’s ‘n lied in my hart I.O.
En ek sien waar jy staan, ek wonder wat’s jou naam
Mmmm
Is jy die een wat in my drome woon
Is jy die een wat sing... I.O.
Daar is iets in jou oë wat my hart laat glo dis jy
Vanaand gaan ek langs jou lepel lê
Vannand gaan ons sing.... I.O.
Want ek weet jy is hier, maar miskien is jy net skaam
Mmmm
Saam ek en jy in verlangebaan
Saam gaan ons sing.... I.O.
Ja! ek weet jy is hier, meisie ek gaan jou kry
Ons loop nou saam in die son en die reën
En vir altyd sing ek jou naam
Daar’s iets in jou oë wat sê jy’s die een
~~~~~~~~***~~~~~~~~
Meisie Meisie
Ek Weet Sy’s Altyd Daar
Maar Hoe Vertel Ek Haar
Sy’s Die Rede Ek Dans Soos Die Wind
Man Ja Ek Weet Ek Staar
O Maar Sy Maak My Klaar
In My Hart VoeI Ek Weer Soos a Kind
Meisie Meisie Jy’s DeeI Van My Lewe
Mooiste Meisie Van Verlangebaan
Meisie Meisie Ek Sien Jou Ek Bewe
Mooiste Meisie Van Verlangebaan
Meisie Meisie Prinses Van Die Dansvloer
Mooiste Meisie Van Verlangebaan
Meisie Meisie Ek VoeI Hoe My Hart Roer
Mooiste... Meisie...
Ek Weet Daar’s Altyd Hoop
Ek Sal Haar Paadjie Loop
Sy’s Die Rede Ek Dans In Die Reën
En Toe Sy My Gewaar
Het Ek Geweet Ek’s Daar
Sy’s Die Enigste Sy Is Die Een
Nou Loop Ons Sy Aan Sy
En Sy Is Lief Vir My
Hand Aan Hand Dans Ons Saam In Die Reën
Sy Het My Hart Verlei
Maar Sy’t Haar Man Gekry
Sy’s Die Enigste Sy Is Die Een
~~~~~~~~***~~~~~~~~
MY MILLENIUM VROU
My dierbare vrou,
jy weet dit is somtyds maar moeilik
vir ons harde manne om te sê
wat aan ons harte kou
Maar aai, nou sê ek vir jou
in ons ware liefde
kan jy maar vertrou
Want jy - jy’s my Millenium Vrou.
Jy’s my môreson, jy’s my volle maan
sonder jou krag, sou ek nooit bestaan
Jy’s ‘n vrou wat sal, nie ‘n vrou wat sou
Jy’s my beste vriend, my Millenium Vrou.
Ek is lief vir jou, tien duisend maal
Jy’s my Droomprinses in ons feëverhaal
Ek bly maar net ‘n gewone ou
Jy’s my beste vriend, my Millenium Vrou.
Diep in my hart was ek ‘n vegsoldaat
maar jy’t gekom en my vry gelaat
Jy’s my lewensmaat, ek vertrou in jou
Jy’s my beste vriend, my Millenium Vrou.
Jy’s my lewensmaat, ek vertrou in jou
Jy’s my beste vriend, my Millenium Vrou.