Meisie jy weet vir wie dit is. Baie dankie vir al jou liefde en hulp. Mag God ons verhouding seen.
EK WAG!
‘n Gedig deur ‘Oubaas’
Ek sit doelloos en tuur
Elke sekonde voel soos ‘n uur
Binne my voel ek ensaam en verlore . . .
Ek hef my hande na bo
Daar is trane in my dowwe bruin oe
Ek voel dat liefde is my nie beskore . . .
Ek roep na my Hemelse Vader
Ai tog, ek wens Hy was nader
Ek roep benoud: Waar is U my Vader? . . .
Ek voel nutteloos en baie ouer
Skielik is daar ‘n tere hand op my skouer
‘n Soete stem praat saggies met my . . .
Verskrik besef ek Jesus raak my aan
Ek vra hom waarheen my lewe gaan . . .
Hy se: Hier my kind, neem My hand . . .
Ek vra: Hoekom is liefde my nie beskore?
Hy se: My kind jy is nie in alleenheid gebore
Liefde sal jy wel eendag vind . . .
Angstig en opgewonde sit ek en wag
Ek kry ‘n boodskap wat my laat glimlag
Ek besef dit kom van die een vir wie ek wag . . .
Dankie Jesus. Baie, baie dankie! Amen!
http://OUBAAS.wapgroups.com